Politieke leiers helen zillertalbahn


Helen Zille

Otta Helene "Helen" Zille (gebore op 9 Maart1951 in Johannesburg) is die Voorsitter van die Federale Raad van die Demokratiese Alliansie sedert 20 Oktober2019. Sy was voorheen premier van die Wes-Kaap (2009–2019), burgemeester van Kaapstad (2006–2009) en is die voormalige leier van die Demokratiese Alliansie (2007–2015). Sy praat Engels, Afrikaans, Xhosa en Duits,[1] en is van gedeeltelike Joodse afkoms.[2]

Vroeë lewe en loopbaan

[wysig | wysig bron]

Nadat sy 'n BA-graad by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg behaal het, het sy haar loopbaan as politieke verslaggewer van die Rand Daily Mail begin. In dié rol het sy bekendheid verwerf met die oopvlek van die omstandighede waaronder Steve Biko in polisieaanhouding te sterwe gekom het.[3] Helen Zille was vantevore 'n lid van die anti-apartheidbeweging genaamd Black Sash, die End Conscription Campaign, en die South Africa Beyond Apartheid Project en die Kaapstad Vredeskomitee. Sy het ook getuienis ingesamel vir die Goldstone Kommissie wat pogings ondersoek het om die Wes-Kaap voor die verkiesing in 1994 te destabiliseer. Sy het die posisie van hoof van openbare betrekkinge van die Universiteit van Kaapstad beklee.

As hoof van die beheerliggaam van die Grove Primary School het sy in 1997 suksesvol 'n regeringsbeleid betwis wat beheerliggame se magte om personeel aan te stel sou inkort.[4] Sy was Lid van die Uitvoerende Raad vir Onderwys in die Wes-Kaapse provinsiale regering en het daarna 'n DA-parlementslid geword. In die DA het sy die posisie van onder-federale voorsitter beklee en was sy die nasionale woordvoerder vir onderwys. Sy was 'n finalis in die Suid-Afrikaanse vrou van die jaar toekenning in 2003.[5]

Burgemeesterskap

[wysig | wysig bron]

Zille het van meet af fel opposisie en konfrontasie van die ANC moes verduur nadat sy in 2006 deur 'n koalisie tot Burgemeester verkies is. In September 2006 het die provinsiale lid van die uitvoerende raad (LUR) Richard Dyanti, aangekondig dat hy beplan om die stad se politieke stelsel te verander. Dyanti wou 'n stelsel van 'n uitvoerende komitee afdwing wat die stelsel van die burgemeesterkomitee sou vervang. Die skuif sou daartoe lei dat Zille van haar burgemeesterlike magte ontneem sou word, en haar rol sou tot 'n seremoniële rol verswak word. Dit sou die ANC en die Onafhanklike Demokrate (OD) in staat stel om 'n effektiewe meerderheid te vestig aangesien die partye saam 6 van die 10 setels op die komitee sou hê. Zille het gedreig om die saak na die Grondwetlike Hof te neem. Die saak is op die ou end besleg, nadat Zille ooreengekom het om aan die ANC addisionele sub-komitees toe te ken in gebiede wat die party beheer het.

'n Verdere krisis het ontstaan toe die African Muslim Party (AMP) deur Zille gevra is om uit die koalisie te bedank, nadat AMP-lid Badih Chaaban in die geheim samesprekings met die ANC gevoer het en Zille nie wou toegee tot eise vir 'n onderburgemeesterpos vir die AMP nie. Zille het die krisis egter afgeweer deur 'n ooreenkoms met die OD aan te gaan waarvolgens die party by die koalisie sou aansluit en OD-lid Charlotte Williams onderburgemeester geword het.[6]

DA-leierskapsverkiesing

[wysig | wysig bron]

Op Sondag, 6 Mei2007, word Zille verkies tot die nuwe leier van die Demokratiese Alliansie. Op 15 Maart het sy aangekondig dat sy nie van plan is om afstand te doen van die burgemeesterspos indien sy suksesvol is nie. In die aankondiging het sy praktiese reëlings voorgestel om beide ampte suksesvol te bedryf en ook daarop gewys dat alle Suid-Afrikaanse staatshoofde in die geskiedenis beide hulle partyleierskapsrol en uitvoerende rol tegelykertyd vervul het en dat die Franse president Jacques Chirac tegelykertyd burgemeester van Parys en partyleier was. Die leier van die Onafhanklike Demokrate in Kaapstad het in die openbaar aangekondig dat die party haar in dié onderneming steun. Zille het twee sake aangedui as die grootste uitdagings, naamlik om die party se tradisionele steunbasis te behou asook die uitbou van swart steun.[7] Sy het op 10 Mei2015 uitgetree as leier van die DA en is deur Mmusi Maimane opgevolg.

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Bibliografie

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]